LUISTER | Covid krap alles om, maar Wenda Nel mik vir ’n gróót ...

NUWE BEGIN

LUISTER | Covid krap alles om, maar Wenda Nel mik vir ’n gróót Spele

Die 400-meter-hekkiesatleet Wenda Nel en haar man het self ook siek geword van Covid-19, maar selfs dit het haar nie gekeer om in alle erns vir die uitgestelde Olimpiese Spele volgende jaar te begin voorberei nie. JODY HENDRICKS het met haar gesels.

SOOS die res van die wêreld se beste atlete moes Wenda Nel nou aan die Olimpiese Spele in Tokio deelgeneem het. Pleks daarvan kon sy onlangs vir die eerste keer in vyf maande op die atletiekbaan kom om te oefen. Boonop het sy en haar man, Jacques, self ook Covid-19 opgedoen.

Luister hoe Wenda vertel hoe Covid-19 en die inperking haar oefenprogram en beplanning vir die spele in Japan beïnvloed het, en hoe sy dit hanteer het.

Die pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee en die Japanse reëlingskomitee laat besluit op nuwe datums vir die Spele. Dit sal nou aanstaande jaar op 23 Julie begin en tot 8 Augustus duur. Hoewel dit dus in 2021 sal plaasvind, word dit steeds amptelik as die Olimpiese Somerspele van 2020 beskou. Dit is die eerste keer dat die moderne Olimpiese Spele uitgestel is, en dit sal ook die eerste Olimpiese Spele in 'n onewe jaar wees. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.