Vroueskurke wat lesers in hul sokkies laat sidder

WIE'S 'N BANGBROEK?

Vroueskurke wat lesers in hul sokkies laat sidder

DEBORAH STEINMAIR bring hulde aan die heksekoor van vrouebooswigte in fiksie – die afknouers en paaiboelies, van aaklige stiefma's tot sexy, psigopatiese sluipmoordenaars.

DIS Vrouemaand in 2020, 'n riller van 'n jaar. Ek bring graag hulde aan die heksekoor van vrouebooswigte in fiksie. Nie dat hulle na die koor verban is nie, hulle is tromslaners en voorperde, middel-van-die-verhoog. Onbaatsugtige vrouekarakters is vergeetbaar – Racheltjie de Beer het my altyd laat skuldig voel, sou ek dieselfde kon doen? – maar die harteloses bly my helder by. Hulle ry my nagmerries bloots, wydsbeen eerder as sysaal.

Party is femme fatales, beeldskoon en yskoud op spykerhakke, met 'n silwer bob wat bons. Ander is so gemaak en so gelaat staan, walglik en kekkelend met haakneuse en moesiekenne wat na mekaar toe beur. Een ding het hulle gemeen, la belle dame sans merci: geen berou.

Toe ek klein was, het ek my pop na my niggie Rosa genoem. My pa het graag in sy enigheid gelag vir grappies wat min mense kon verstaan en wat hy nooit verduidelik het nie. Hy het my pop “Rosa Klebb” genoem. Jare later kyk ek 'n ou James Bond-fliek en skielik vul Rosa Klebb die skerm, groter as lewensgroot. En my pa se verkneukeling maak sin. Sy was grimmig en formidabel. En boonop skeef. Ek lees in Wikipedia:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.