Die heerlike haasgat van sprokies en kinderverhale

EENDAG WAS DAAR …

Die heerlike haasgat van sprokies en kinderverhale

MADELEINE BARNARD is moeg vir misdaad en besluit om af te duik in die heerlike haasgat van kinderverhale en bekende sprokies. En hoewel sy in haar navorsing net die meer bekende oortjies van die seekoei raakgelees het, is sy nou vuur en vlam om aan te hou delf in hierdie skatkis.

DIT begin met ’n groeiende gevoel van genoeg is genoeg. Ek kyk al vir maande – nee, jare – misdaadreeks op misdaadreeks. Daar is immers min dinge lekkerder as die ontknoping van ’n komplekse komplot; die oplos van ’n moord beplan deur ’n verwronge baasbrein.

Maar die geweld en perversiteit word te veel vir my. Na nog een hoop artistiek gerangskikte derms of ’n boodskap uitgekerf in ’n oorlede boud kan ek nie kyk nie.

In die stowwerige boekrak kruie ek voorvinger-middelvinger deur boeke wat ek dekades lank aan vasklou bloot uit sentiment, boeke waarin my sesjarige self haar naam geskryf en ’n gesiggie geteken het, en kinderboeke wat ek by die liefdadigheidstannies gekoop het vir ’n appel en ’n ei maar nooit gelees het nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.