×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Die land lig elmboog en dis ’n letterkundige ding om te doen

DOP

Die land lig elmboog en dis ’n letterkundige ding om te doen

Van Langenhoven tot by Opperman is die letterkunde is deurweek van alkohol, skryf DEBORAH STEINMAIR – en sy het nog altyd 'n hekel daaraan om vertel te word wanneer sy wat mag doen.

LAPPA maak vir Bella stout met hanepootse natrossies, het Boerneef gedig en die hele kanon ruik na dop.

Nog nooit was Uys Krige se woorde so waar soos vanjaar nie: “Die lewe is alleen draaglik as 'n mens 'n bietjie dronk is.” Vrye Weekblad het berig oor Suid-Afrikaners se gesuip (https://www.vryeweekblad.com/gesondheid-en-omgewing/2020-08-07-suid-afrikaners-en-hulle-dop-hoe-erg-is-dit/) en Dinsdag se nuusbrief was 'n ode aan wyn (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2020-08-18-wyn-vir-die-pyn-kom-ons-drink/). (Your blood type has now changed to Chardonn-A.)

Hierdie Augustus huil die wind soos 'n weeskind om die hoeke van die huis. In dié ramptoestand van 'n jaar behoef ons verdowing. Soos George Bernard Shaw gesê het: “Alcohol is the anesthesia by which we endure the operation of life.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.