Van Sullivan’s na Onze Jan: Die storie van ’n kranige bierbrouer

HOP-HOP-HOERA!

Van Sullivan’s na Onze Jan: Die storie van ’n kranige bierbrouer

Lawende nie-alkoholiese hopbier is iets waarmee JAN HORN in die Noord-Kaap grootgeword het, en dit het hom as volwassene ’n rukkie geneem om sy gunsteling-drankie self te kon vervolmaak, met 'n katastrofe hier en daar ...

AS jy, soos ek, in die Noord-Kaap groot geword het, is daar ’n paar dinge wat jy nooit vergeet nie; dinge wat in jou gene ingebrand is. Die een is duwweltjies – die duiwel se grasperk. Die ander een is hitte. Kom November tot Januarie en as kaalvoetkind spring jy van een graspol na die ander om jou voete nie blase te brand op die warm sand nie.

Die derde een is Sullivan’s-hopbier! Dit was ’n nie-alkoholiese bier wat deur die maatskappy Sullivan’s in Kimberley gebrou is. Die eenliterbottel het een-en-ses gekos en die dumpybotteltjie ’n sikspens. Dit was beskikbaar oor die hele Noord-Kaap en groot dele van die Wes-Transvaal tot by Potchefstroom.

As dit nie vir Sullivan’s se hopbier was nie, sou menige boer in die beginjare van die Vaalharts-besproeiingskema tou opgegooi het. Dit was die koel lafenis as jou keel kraakdroog raak op die landerye. Omdat dit alkoholvry was, kon jy drink sonder ophou. Hopbier. Familiebier. Skolerugbybier. Die groot dorslesser. Geen huis was sonder sy krat hopbier nie! ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.