DIS ’n simpel speletjie, maar een wat tog so nou en dan gespeel word: Wie is of was die mees uitmuntende Afrikaner-leiersfiguur? Natuurlik hang die antwoord van jou eie kriteria en jou eie politieke oortuiging af, maar as ons waardes en eienskappe soos integriteit, waagmoed, deursettingsvermoë, toekomsvisie en ’n kapasiteit vir teen-intuïtiewe besluitneming as maatstawwe gebruik, kan dit tog ’n sinryke speletjie wees.
Ek het al antwoorde gekry soos Paul Kruger, Koos de la Rey, Jan Smuts, NP van Wyk Louw en Frederik van Zyl Slabbert, met linkserige vriende wat ook Beyers Naudé se naam noem. Ek is seker sommiges sou FW de Klerk se naam wou byvoeg.
Waar jy ook al op die politieke spektrum staan, as jy bogenoemde maatstawwe objektief toepas, sal jy toegee dat Dirk Frederik Mudge op daardie lys hoort. Hoog op. Dalk heel bo...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.