Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan

SEE TOE

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan

Ná maande van inperking moes sy opsluit uit, reis, weg, elders. Wiele moes draai, skryf DEBORAH STEINMAIR. Die wiele draai see toe, en die see herroep soos altyd ander kuiers, ander strande en oseane.

EK sit knus by die kus en staar na knetterende kaggelvlamme. Skadubeelde lek aan die mure van my bewussyn. Stokou gedagtes en frases maal deur my kop, sinsnedes prut en suis gesellig soos water wat wil-wil kook. Eitemal, Totius, Jan F.E. Cilliers, Toon van den Heever se verse. My vuurtjie en ek. Die rus is elders. Die rots waarop my huisie staan. Die hemel hoog daarbo. See, son en saffier. Dis al.

Ek voel welgeluksalig en skoon. Lig. Vry. Ná maande van inperking het, in my werkgewer se woorde, “al die bose geeste soos in die varke van Gadara in my gevaar” en ek moes opsluit uit, reis, weg, elders. Wiele moes draai.

Maar ek weet 'n mens kan nie aan die nood ontvlug nie. Ek weet die see kan ons nooit afwas nie. Wat help dit tog ek probeer verskoning vra aan diegene wat nie eens 'n huis het nie, laat staan nog 'n wegkomkans see toe, dié wat verhongerd en betraand by robotte op vaal knieë neerval? Ellende onbeskryflik groot...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.