Die mens is nie inherent boos nie – en idees is so aansteeklik ...

HOOPVOLLE STEM

Die mens is nie inherent boos nie – en idees is so aansteeklik soos siektes

Die jong Nederlandse historikus Rutger Bregman het die wêreld al ’n paar keer laat regop sit, onlangs weer met ’n boek oor die menslike aard. Hy het via Zoom uit sy tuisdorp, Houten, met SUE DE GROOT oor deernis, haat, stamgebondenheid en die uitwerking van die Covid-19-pandemie op die mensdom gesels.

RUTGER BREGMAN het verlede jaar die versamelde biljoenêrs by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos berispe omdat hulle bloot lippediens aan ongelykheid bewys. “Niemand opper die kwessie van belastingontduiking en die rykes wat nie hulle deel betaal nie. Dit is soos om na ’n brandweerkonferensie toe te gaan en nie oor water te praat nie,” het hy aan die stomgeslaande gehoor gesê.

Hy wou nie skok nie, het hy later gesê, hy was bloot gatvol. Bregman het oornag ’n mediasensasie geword en meer as drie miljoen mense het na sy TED-praatjie, “Armoede is nie ’n gebrek aan karakter nie, dit is ’n gebrek aan kontant”, gekyk.

Bregman is op grond van sy eerste boek, wat ’n internasionale blitsverkoper geword het, Utopia for Realists, na Davos genooi. Sy tweede boek, Humankind, wat onlangs in Suid-Afrika beskikbaar geword het, trek ewe veel aandag. Sy teorie, gegrond op historiese voorbeelde, is dat mense inherent goed is ten spyte van al die nare goed wat hulle doen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.