IN my skaakbordloopbaan as vryskut-woordmekêniek het ek al met popsterre, lekepredikers en motorfietsbendes te doen gekry. En struggle-aktiviste soos Sylvia Neame.
Sy is spierewit en in haar 80's. Klein, kiertsregop en moerig. Haar credentials is onkreukbaar: Sy was vir jare in die tronk en in ballingskap in die apartheidsera.
Sy het lank in Oos-Duitsland (die Duitse Demokratiese Republiek) gewoon, waar sy haar kommunistiese ideale een na die ander sien sneuwel het. En tog het sy voet by stuk gehou. Soos nou met die ANC, by wie sy haar sedert haar prille jeug skaar. Ek dink sy is konstitusioneel onkapabel om van plan te verander...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.