Die lang pad na die heelmaak van die SA reis- en gasvryheidsbedryf

VOET IN DIE HOEK

Die lang pad na die heelmaak van die SA reis- en gasvryheidsbedryf

Vlak 4 van die inperking het skaars sy laaste asem uitgeblaas voordat die bekroonde fotojoernalis en skrywer JACQUES MARAIS saam met die avonturier Peter van Kets koers gekies het om plaaslike toerisme te help red. Hier is hul storie: 9,000 km, nege provinsies, 'n dosyn of meer ekosisteme, 'n paar honderd keer se bladskud, en duisende glimlagte … om die vele kulture van 'n nasie te beleef is eintlik waaroor die reis gaan.

DIS 'n donnerse lang pad wat voorlê, maar dis nie asof dit enigsins gaan help om “Aanstap rooies” te neurie terwyl Tafelberg in die truspieëltjie verdwyn nie. Die N7 slangsleep noordwaarts; dus gee jy maar gas.

Die goeie ding is dat hierdie beslis nie die vrotste pad in die land is nie. 'n Blokkieskombers kanola- en koringlande lê tot doer op die Swartland se gesigseinder, en dis nie lank voor die Sederberge begin kop uitsteek in die noordooste nie.

Deur die bakkie se linkervenster ontvou die verlate Knersvlakte al die pad weswaarts tot teenaan die yskoue Atlantiese Oseaan. Dis waar ons ekspedisie amptelik gaan begin, en ek kan nie aan 'n beter plek daarvoor dink as die Namakwa-Weskus nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.