MY ma lees soos 'n lintwurm en reageer intuïtief en hoogs persoonlik: “Ek kon nie hierdie boek lees nie. Ek hou nie van die hoofkarakter nie,” sal sy verklaar. Dan byt ek my tong en dink: Dis 'n oppervlakkige reaksie. 'n Mens moet ironiese afstand kan behou; steeds die meriete van taal, storielyn en karakterisering kan waardeer. Jy moet jou enigiets kan verbeel, in enigiemand se skoene kan klim.
Want, kán ons werklik? Is die lewe nie maar 'n rekenaarspeletjie en ons op soek na 'n avatar nie? Iemand deur wie se oë ons kan kyk, met wie se flink ledemate ons parallelle wêrelde kan verken. Verkieslik iemand met wie ons kan identifiseer.
Die avatar hoef nie mooi of gespierd te wees nie, maar haar/sy brein moet ten minste soepel wees, hul uitkyk ruim, hierdie karakter wat ek soos 'n lyfkous aanglip. Die binnekant van hul kop moenie voel soos 'n kamer wat bedompig en donker is nie. Die kous moet my nie wurg of krap nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.