KORTVERHAAL | Tessa

STORIETYD

KORTVERHAAL | Tessa

LORAINE STANDER se storie oor 'n man se woede wat op 'n tragedie afstuur, het ons laat asem ophou.

  • 09 Oktober 2020
  • Mense & Kultuur
  • 8 min om te lees
  • artikel 20 van 29
  • Loraine Stander

DIS kwart voor elf. Net voor Ma oudergewoonte die plaaswinkel oopmaak vir die dag. Die Laeveld-hitte maak donker vlekke op my rug; die lig nog deinserig van die stof wat pa se Hilux opgeskop het. Ek kyk eers of daar nie dalk ’n slang op die klipplaat lê en bak as ek by die agterdeur uitloop nie. Rudu, ons Dobermann, het eendag die swart mamba mid-pik agter my uit die lug gegryp, wild rondgeskud en later sommer opgevreet. Sedertdien kyk ek eers, want Rudu is op ’n ander deel van die erf waar hy kan rondhardloop.

Hierdie is Tessa, die Rottweiler, se deel en ek moet haar in haar hok gaan sit voor Ma die winkel kan oopmaak. Pa wil nie hê Tessa moet “vriende” maak met die werkers wat goed by die winkel kom koop nie.

Arme Tessa het daardie hok gehaat, maar Pa het gesê sy moet kwaaier word. Sy is te vriendelik. Te pateties. En ’n hok en afsondering gaan haar aggressief maak. Haar ganse lyfie knak in die middel wanneer ek fluit. Haar kort, afgekapte stert wikkel koddig. Sy is die ene tande. Ghwel hang aan haar lipwange. Sy rol op haar rug vir maksimale liefies...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.