EREROL VAN DIE EERLIKES | Die helde wat ’n prys betaal het...

DANKBAAR

EREROL VAN DIE EERLIKES | Die helde wat ’n prys betaal het vir die waarheid

Dis ’n lang lys wat daagliks groei: mense wat opgekom het vir die waarheid en ’n hoë prys daarvoor betaal het – selfs met hul lewe. Pas weer het ’n 13-jarige kind gesien hoe vier mans die omgewingsaktivis Fikile Ntshangase in haar huis doodskiet. Ons voeg haar, Sikhosiphi (Bazooka) Rhadebe en die oudparlementslid Andrew Feinstein by ons Ererol van die Eerlikes, saamgestel deur ANNELIESE BURGESS, YOLANDI GROENEWALD en HANLIE GOUWS.

VAN hulle was fluitjieblasers wat vermoor is vir die waarheid wat hulle aan die lig wou bring. Van hulle was net eerlike amptenare wat hulle werk wou doen en wat geneutraliseer moes word omdat hulle in die pad gestaan het van die oneerlikes wat wou steel, of van die staatskapers wat hulle agenda in donkerte wou ontplooi, of regeringsamptenare wat net hulle eie gatte wou red. Daar is dié wat eers 'n pad deur hulle eie medepligtigheid moes wroeg voordat hulle uiteindelik vir die waarheid opgestaan het. 

Onder hulle is daar dokters en geregsdienaars, prokureurs en ondersoekbeamptes, raadslede en politici.

Lewens is verwoes, families verskeur, eerbare loopbane in die openbare diens tot stilstand geruk. Daar was selfdood en depressie. Huwelike wat uitmekaar geval het. Kinders wat die spoor byster geraak het. Daar is dié wat vandag steeds wegkruip of vrees vir hul lewe. Elkeen se pad was anders; baie se kruis dieselfde. Maar elkeen van die helde op ons Ererol van die Eerlikes het 'n duur en bitter prys betaal – vir ons. Dankie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.