KORTVERHAAL | Toegegroei

STORIETYD

KORTVERHAAL | Toegegroei

'n Tok aan die voordeur bring 'n nuwe wending in die lewe van 'n bitter vrou, in dié kortverhaal deur MARUANDA WYNNE.

  • 23 Oktober 2020
  • Mense & Kultuur
  • 12 min om te lees
  • artikel 24 van 31
  • Maruanda Wynne

DIE wekker raak stil onder haar vinger toe sy die knoppie afdruk. Dit lui laat vanoggend. Kyk waar sit die son al. Elsa lig haar moeisaam uit die bed. Nog ’n verdomde dag. Dit is die dag wat die Heer gemaak het. Seker maar ja. Sy steek haar hand uit na die stillewe op haar bedkas. Self uitgepak. Alles op sy plek. Haar bril lê langs haar botande wat in ’n enkelry-glimlag in ’n beker water dryf, asmapompie neffens. Die dag breek vir haar toe sy haar bril opsit. Dit raak somer, dié dat die son en haar wekker mekaar mis.

Sy klim in haar staatmaker-skoene wat gedienstig op hul plek staan. Haar botande glip bekend oor haar kaak. Die vorige aand en die vorige een het sy reeds aangetrek vir die dag en vir gaan slaap. Daar is geen nut om dag- en nagklere te hê nie. As jy kan werk in jou klere, kan jy ook daarin slaap. Woensdag ruil sy klere om. Dan weer Sondagoggend vir kerkradio.

Nadat sy ’n draai in die badkamer gemaak het, kook sy ’n koppie water. Die sif met koue koffiemoer van gisteroggend weet stokstyf dat ’n nuwe dag se koffiemoer twee dae oud gaan word. Swart koffie en een sny brood is haar voedsel vir die dag. Gee my vandag my dag se brood...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.