BOEKUITTREKSEL
’n Enkele verhaal oor ’n jagtog
In die sesde hoofstuk van sy boek, 'n Enkele Verhaal, vertel DEON WIGGETT hoe hy Media24, waar Willem Breytenbach 'n senior bestuurder was, betrek het by sy jagtog na die man wat hom verkrag het toe hy 17 jaar oud was.
BOEKUITTREKSEL
’n Enkele verhaal oor ’n jagtog
In die sesde hoofstuk van sy boek, 'n Enkele Verhaal, vertel DEON WIGGETT hoe hy Media24, waar Willem Breytenbach 'n senior bestuurder was, betrek het by sy jagtog na die man wat hom verkrag het toe hy 17 jaar oud was.
Deel
NÁ twee ure land ek in Kaapstad. Ek is ongemaklik oor die rit na Willem se huis; bang dat ek hom sal sien of, nog erger, dat hy mý sal sien. Ek stel dit dus uit deur met ou vriende en joernaliste te gesels. Hulle het skinderstories en gerugte en hoorsê – of “leidrade”, soos speurverhale dit noem.
Ek het middagete by ’n Italiaanse restaurant saam met Adriaan Basson, deesdae ’n vername redakteur. Ons is aan die Foreshore en Adriaan het oorgestap van die Naspersgebou. (Dit heet deesdae die Media24-gebou, maar vir enigiemand wat nie gister gebore is nie, bly dit die Naspers-gebou.) Adriaan was ’n skoongesigskoolseun toe ons mekaar leer ken het met Naspers se Nasionale Skoolkoerantprojek – ons albei was redakteurs van ons skoolkoerante en ons het goeie vriende geword. By Die Matie vier jaar later het ons ’n groot en kinderagtige uitval gehad wat grootliks my skuld was. Sedertdien het ek ons verhouding as gespanne ervaar.
Op die 15de verdieping van die Naspers-gebou is Adriaan nou hoofredakteur van News24. Ek het iemand nodig om my te help – iemand met geld. As ek probeer om Willem te ontmasker, sal hy ’n aansienlike bedrag geld aan ’n groot regspan betaal om my te dagvaar en te verneder terwyl regskoste die res van my lewe opvreet. Ek het iemand met prokureurs nodig...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikel