Bult-op met die nuwe karretjiemense

EEN SE BROOD …

Bult-op met die nuwe karretjiemense

As jy ’n man help om sy trollie teen ’n bult op te stoot, vertel hy dalk vir jou sy storie. GERRIT RAUTENBACH maak kennis met die “skarrelaars” wat op aslorrie-dag in jou asblik grawe.

DIT maak nie saak wie of wat jy is of van waar nie; as jy mens is, het jy ’n roetine, ’n gedragspatroon. Sommige s’n is baie verfynd en ander s’n maar baie basies. Ek val iewers in die middel, dalk meer na die basiese kant toe. Hoe ook al, een van my roetines is om Vrydag die asblik-op-wiele uit te sit vir die aslorrie. So ook dié spesifieke oggend.

Ek parkeer net ná my eerste oggendkoffie die groot, swart drom op die sypaadjie, groet die buurman en kies koers huis toe vir Jan Spies se lekkerste ding van die dag: die tweede beker koffie. ’n Beweging trek my aandag by die swart drom.

Die man dra so ’n hoë mus asof hy rasta-hare daaronder bêre. Die mus sit stewig sien ek terwyl hy in die drom inbuk sonder dat sy kapsel iets oorkom. Agter hom in die stil straat staan ’n turkoois supermarktrollie al goed vol gelaai. Dis net daar wat ek besef ek aanskou ’n soort reïnkarnasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.