Willie Hofmeyr: onkreukbare amptenaar voos geslaan in staatskaping
DIE MAN WAT SKELMS SE BATES AFGEVAT HET

Willie Hofmeyr sit met dekades se geheime. Nou berei dié voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se spesiale ondersoekeenheid hom voor vir sy voorlegging aan die Zondo-kommissie na staatskaping. ANNELIESE BURGESS het met hom gesels oor sy dae as versetpolitikus en regsman, asook sy trauma aan die hand van staatskapers.
DIE afgelope jare het ek Willie Hofmeyr 'n paar keer in sy wetsuit op die strand in Pringlebaai raakgeloop waar sy familie 'n vakansiehuis het. Oor die jare het ek ook 'n hele paar keer met hom gesels in sy destydse hoedanigheid as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid (BBE). Maar hierdie week se gesprek is anders, want ná 20 jaar by die NVG het Hofmeyr aan die einde van verlede jaar afgetree, en ons gesels oor alles van rooiwyn tot staatskaping.
“Ek is nie ’n baie goeie afgetredene nie,” lag hy toe ek met die groet vra of dit lekker is om nou nie meer elke oggend na die NVG se hoofkantoor in Silverton te hoef te piekel nie. Dis duidelik dat die stadiger pas hom glad nie opgewonde maak nie.
“Nee wat, ek hou daarvan om besig te wees. Maar ek werk op die oomblik nog hard aan my beëdigde verklaring vir die Zondo-kommissie, en ek skryf ook aan ’n boek. Ek is ongelukkig 'n bietjie van 'n werkslaaf,” sê hy opgeruimd...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.