KORTVERHAAL | Die blou perd

STORIETYD

KORTVERHAAL | Die blou perd

Hy was kleiner as enige perd wat sy nog ooit gesien het. Selfs kleiner as die ponies wat sy al op die buurplaas opgemerk het. Natuurlik het sy vir niemand van hom vertel nie. Nie dat hier ooit iemand kom nie ... Deur MARINDA KOLEV. Hierdie is die voorlaaste kortverhaal in die huidige reeks. Lees onderaan hoe jy jou eie storie vir plasing kan voorlê.

MARTHA is baie hartseer om die blou perd te sien wegvlieg. Sy het geweet die dag sal kom, maar gehoop dis eers môre, altyd liewer eers môre.

Sy het hom as 'n klein vulletjie langs die vreemde nes en bloupers eierdoppe gekry, daar aan die onderpunt van die waterval. Sy swart tong het hongerig aan haar vingers gelek. Sy het haar hande in die koel wit water van die waterval gedruk en die verkwikking op sy tong gedrup-drup. Hy het haar hand nader geslurp en gesuig asof sy enige oomblik spontaan melk onder elke vingernael kon uitspuit.

Martha sug en kyk uit oor die geil gras voor haar huisie tot by die grysgroen berge aan die oorkant van die vallei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.