Van volksmoord-held tot teiken van ’n president se wraak

RWANDA ONDER KAGAME

Van volksmoord-held tot teiken van ’n president se wraak

Die man wie se verhaal die 2004-fliek Hotel Rwanda geïnspireer het, is 26 jaar ná die destydse volksmoord agter tralies. Hy word van terrorisme aangekla. Sy dogter, Carine Kanimba, is oortuig haar pa se vervolging is ’n wraakkomplot van die Rwandese president, Paul Kagame, 'n man wat toenemend outoritêr regeer, skryf MIRIAM MANNAK.

PAUL RUSESABAGINA het gedurende die Rwandese volksmoord in 1994 1,268 mans, vroue en kinders – hoofsaaklik Tutsi’s, maar ook gematigde Hutu’s – van ’n grusame moord gered deur die deure van die luukse hotel wat hy destyds bestuur het, oop te maak. Nou word hy van terrorisme aangekla. Sy dogter, Carine Kanimba, glo Paul Kagame, Rwanda se president, wat al hoe minder verdraagsaam teenoor kritiek is, sit agter haar pa se arrestasie.

Die tweede helfte van die jaar was tot dusver moeilik vir Kanimba. Meer as twee maande het verloop sedert haar pa einde Augustus in Dubai in hegtenis geneem en aangehou is, nadat hy volgens haar deur Rwandese sekuriteitsagente op ’n werkbesoek ontvoer is. Daarna is hy na bewering na die Rwandese hoofstad, Kigali, gebring en van 13 misdade aangekla, insluitende die stigting en befondsing van die Front de Libération Nationale (FLN). Hierdie Rwandese gewapende burgermag, wat plaaslik as ’n terroriste-organisasie geklassifiseer word, veg reeds verskeie jare om Kagame se administrasie omver te werp, en het al alle talle aanvalle in die suide uitgevoer.

Fopvlug na Burundi..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.