Die verhaal van Hansie Bergboots

BERG WIL KLIM

Die verhaal van Hansie Bergboots

JANNIE VAN RENSBURG ontmoet Johan Trosoa – oftewel Hansie Bergboots – ’n stapgids van Hangberg, en leer ken verskeie aspekte van sy lewe, van sy trotse Khoi-herkoms tot sy geloof en sy kennis van die natuur.

ONS ontmoet vroegoggend voor die bekende vis-en-skyfie-winkel langs Houtbaai se hawe. Dis ongewoon koud en nat vir so laat in Oktober – die wolke hang laag oor Chapmanspiek, Hangberg en Karbonkelberg. Vandag stap ons hiervandaan Karbonkelberg op, met die rif langs verby die ou radarstasie en by Sutherpiek bokant Sandybaai af.

Johan Trosoa – oftewel Hansie Bergboots, soos hy in die Hangberg-gemeenskap bekendstaan, is trots op sy Khoi-herkoms. Trosoa is sy Khoi-naam. Hangberg nestel tussen die Sentinel (oftewel Hangberg) en Karbonkelberg, bokant die hawe. Dis waar Johan opgeskoot geraak het. Op skool krieket gespeel, en die bynaam Hansie gekry – na die eertydse krieketkaptein Hansie Cronjé. Die afgelope tien jaar is hy stapgids en ken die mense hom met sy stapklere, rugsak en stapstewels. Vandaar Hansie Bergboots.

Enigste kind..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.