Kô’s gaan fliek, ek’s lus vir popcorn

FOKOF, WARM FUZZIES

Kô’s gaan fliek, ek’s lus vir popcorn

Die medium van die rolprent is eenmaal nie geskik vir stories vertel nie, skryf DEBORAH STEINMAIR. Maar moenie na haar luister nie. Sy is visueel ongeletterd, 'n fliekanalfabeet ...

EERSTENS 'n vrywaring: Ek is nie 'n fliekvlooi nie.

Ek bewonder cool mense wat regisseurs soos Béla Tarr, Krzysztof Kieślowski, Sergei Eisenstein, Ágnes Hranitzky, Hans Richter, Jean-Luc Godard en Yasujiro Ozu se name kan aframmel. Sommige het ek darem al teëgekom, soos Tarkovsky, Wim Wenders, Fellini, Ingmar Bergman en Almodóvar. Dit was lank gelede in Kaapstad, toe ek in 'n verhouding met 'n wit sangoma en filmfoendi was.

Rolprente is 'n medium wat my verwar. Dit speel woer-woer met my brein, bal met my onwillige gevoelens. Dis asof iemand anders se interpretasie op my afgedwing word. Dit boelie my...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.