KOM ons begin by die pryse en erkennings.
Buiten Abdon Atangana is daar net nege ander Suid-Afrikaanse navorsers wat op die internasionale Clarivate Web of Science-lys verskyn. Minder as 6,200 of 0.1% van die wêreld se navorsers wat internasionale erkenning geniet, verskyn op dié lys.
“Prof. Atangana word gereken as een van ’n elitegroep wat vir hulle uitsonderlike navorsingsinvloed erken word. Dit word weerspieël deur die lewering van veelvuldige, hoogs aangehaalde referate, wat onder die top-1% sitasies vir veld en jaar op die Web of Science-sitasie-indeks geplaas word. Dié lys van top-1% wêreldbekende navorsers is gegrond op bydraes tot die wetenskaplike gebied oor 10 jaar. Prof. Atangana is deel van hierdie indrukwekkende lys danksy sy kruisveld-bydrae, wat wiskunde en toepassings in aktuele, werklike wêreldprobleme insluit. Dit is ’n merkwaardige prestasie, in die lig daarvan dat hy nog net sewe jaar ’n akademiese navorser is.” ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.