“EK sou graag wou voorgee dat ek daarvan gedroom het om 'n ouditeur te wees toe ek klein was, maar dis nie heeltemal waar nie. Ek is grootgemaak deur 'n pa wat jare lank 'n prokureur was en ek is 'n tipiese daddy's girl. Al wat ek ooit wou wees, was om soos my pa te wees," sê ons nuwe ouditeur-generaal (OG), Tsakani Maluleke.
Haar sonnige glimlag en aansteeklike lag verhelder haar kantoor.
Haar pa was regter George Maluleke, wat in 2017 oorlede is. Hy het 'n groot rol in die swart regsgeskiedenis gespeel, onder meer as 'n vennoot in 'n praktyk saam met Dikgang Moseneke (later die adjunk-hoofregter) en Willie Seriti (wat ook op die regbank gedien het en later die voorsitter was van die kommissie wat die berugte post-apartheidwapentransaksie ondersoek het). ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.