2020: Die dans moet voortgaan

ONGEBREIDELDE UITBUNDIGHEID

2020: Die dans moet voortgaan

Strictly Come Dancing is net wat ons nodig gehad het hier teen die einde van die jaar, skryf ADRI KOTZÉ. En – SPOILER ALERT! – die feit dat die middeljarige, blesserige Bill Bailey en sy Suid-Afrikaanse dansmaat Oti Mabuse die reeks gewen het, is dié hoogtepunt.

DIT is gepas dat 2020 die jaar was wat die Britte – 'n nasie wat bekend is vir teedrinkery, geduldige toustanery en swak tandhigiëne eerder as 'n sin vir die flambojante – die wêreld weke lank pure plesier gegee het met 'n parade van glinsterende frille en valle, morsjorserige tranedalle en ongebreidelde uitbundigheid. 

Die hele 18de reeks van die BBC se Strictly Come Dancing het kykers wêreldwyd bekoor en die eindronde laas Saterdag het rekordkykgetalle van 13.2 miljoen mense gelok. En wat 'n klimaks was dit nie! Met 'n kitaarsolo is 'n stroom vonke soos vanuit 'n hoekslyper gespuit, daar was verblindende diamanté, trane wat spat, vernuftige voetwerk, outydse sjarme, emosionele beoordelaars en selfs 'n kaarttoertjie.

Wat veral gepas is, is dat die komediant en akteur Bill Bailey op 55 verreweg die oudste wenner van die reeks is sedert dit in 2004 begin het en dat sy professionele dansmaat, Oti Mabuse, 'n Suid-Afrikaner is wat nou as die gewildste TV-persoonlikheid in die ganse Brittanje gereken word. (Sy is die eerste professionele danser wat die reeks twee jaar agtereenvolgens wen.) ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.