Covid-19 en die seisoen van leedvermaak en openbaring

ONTHOU DEERNIS

Covid-19 en die seisoen van leedvermaak en openbaring

Prekerig met ’n geringe kans van schadenfreude. Dit was my voorspelling aan die einde van jaar een van die pandemie, ’n vermoeiende, teleurstellende gebeurtenis wat die leemtes in ons menslikheid opdiep en blootlê, skryf ANNELIZE VISSER.

DEERNIS, onthou deernis, mompel ek terwyl ek tydens die onfeestelike feesdae in afsondering deur Facebook drentel. Sonder eenstemmigheid oor Covid-maatreëls in ons familie kon almal nie saam feesvier nie, maar ek vermoed my hoenderpastei is meer gemis as my geselskap om die Kersboom – prekerig met ’n ligte briesie schadenfreude.

Was daar ooit ’n boom?

“Fokof!” skree ’n man op die Seepuntse promenade vir die bemoeisieke vrou wat wil weet waar sy masker is. Die grasperk waarheen sy uit sy pad koes, lê enkeldiep onder water. Sliep-slop stap sy op haar nat spoor verder...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.