Sy wonder weer waarom ’n ry drankbottels altyd vir haar so mooi is, skryf DEBORAH STEINMAIR ná 'n besoek aan die mall waar die drankwinkelvensters van binne met swart sakke oorgetrek is ‘soos ’n bedryf in rou'.
DIS vreemde tye, sug almal agter hul maskers. Dis waar, maar die lewe het vir my nog altyd vreemd voorgekom. Ons is vreemdelinge en bywoners op aarde, het die Bybel gemaan. En daar is dinge hier wat my immer dronkslaan. Byvoorbeeld: Hoekom kan ’n robot nie ’n boksie tiek wat sê: “I am not a robot” nie? Is robotte eerliker as mense? Wéét jy ooit jy’s ’n robot, en indien wel, is jy geprogrammeer om dit te erken?
Terwyl ek my hande was, kyk ek in die spieël. Die mens wat terugkyk, het ’n haarstyl soos ’n romantiese silwerdoekheld uit die 70's. Chris du Toit, kom dit by my op, of soos hy in die volksmond bekend gestaan het, Tos du Toit. Saliger. Hallo, Tos.
Maandagoggend in Pretoria. Ek gaan jag kruideniersware in die mall. Rondom my skaats mense stadig verby soos slaapwandelaars, elk in sy of haar eie borrel. Die drankwinkelvensters is van binne met swart sakke oorgetrek soos ’n bedryf in rou. Ek wonder weer waarom ’n ry drankbottels altyd vir my so mooi is, soos ’n parade van belofte, sag flonkerend...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
HOU MY DOP
Ja, niewarie? Die regering maak droog
Sy wonder weer waarom ’n ry drankbottels altyd vir haar so mooi is, skryf DEBORAH STEINMAIR ná 'n besoek aan die mall waar die drankwinkelvensters van binne met swart sakke oorgetrek is ‘soos ’n bedryf in rou'.
Deel
DIS vreemde tye, sug almal agter hul maskers. Dis waar, maar die lewe het vir my nog altyd vreemd voorgekom. Ons is vreemdelinge en bywoners op aarde, het die Bybel gemaan. En daar is dinge hier wat my immer dronkslaan. Byvoorbeeld: Hoekom kan ’n robot nie ’n boksie tiek wat sê: “I am not a robot” nie? Is robotte eerliker as mense? Wéét jy ooit jy’s ’n robot, en indien wel, is jy geprogrammeer om dit te erken?
Terwyl ek my hande was, kyk ek in die spieël. Die mens wat terugkyk, het ’n haarstyl soos ’n romantiese silwerdoekheld uit die 70's. Chris du Toit, kom dit by my op, of soos hy in die volksmond bekend gestaan het, Tos du Toit. Saliger. Hallo, Tos.
Maandagoggend in Pretoria. Ek gaan jag kruideniersware in die mall. Rondom my skaats mense stadig verby soos slaapwandelaars, elk in sy of haar eie borrel. Die drankwinkelvensters is van binne met swart sakke oorgetrek soos ’n bedryf in rou. Ek wonder weer waarom ’n ry drankbottels altyd vir my so mooi is, soos ’n parade van belofte, sag flonkerend...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Gee terug die wêreld wat ons onthou
Mens mág nog dig oor jou kat en blomme
Die erflating van boeke
Kô’s gaan fliek, ek’s lus vir popcorn
Die hart is ’n eensame, onbeholpe jagter
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.