Makabere oorskot aan die hart van Patrice Lumumba se laaste stryd

ERFENIS VAN WOEDE

Makabere oorskot aan die hart van Patrice Lumumba se laaste stryd

Meer as ’n halfeeu gelede is die destydse Belgiese Kongo se eerste demokraties verkose eerste minister gemartel en toe deur ’n vuurpeloton tereggestel. Nou kan daar uiteindelik vir sy dogter en die mense van die DRK afsluiting wees, skryf MIRIAM MANNAK.

DIS 59 jaar sedert Patrice Émery Lumumba, die eerste demokraties verkose eerste minister van die nou Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), in hegtenis geneem, gemartel en deur ’n Belgiese vuurpeloton tereggestel is. Sy liggaam is toe in stukke opgekap en in swaelsuur opgelos – maar nie voordat een offisier twee van Lumumba se goue tande as ’n aandenking gesteel het nie. Meer as ’n halfeeu later gaan die oorblyfsels van een van Afrika se mees ikoniese staatsmanne huis toe kom. Vir sy dogter, Juliana, sal dit die einde van ’n era wees – een wat vir haar, en die res van die land, die afsluiting gee wat hulle nooit gekry het nie.

Sy was net vyf jaar oud toe België op 17 Januarie 1961 opdrag vir die geheime arrestasie en teregstelling van haar pa gegee het, net ses maande nadat hy tot die land se eerste demokratiese eerste minister verkies is. Belgiese vingers het aanvanklik na ontevrede dorpenaars gewys wat volgens hulle nie van Lumumba gehou het nie, en die destydse spanning as ’n dekmantel van misleiding gebruik het.  

Baie lande wat aangevoel het die Belgiese storie was ’n leuen, het verontwaardig en woedend gereageer, wat protesaksies by Belgiese ambassades wêreldwyd veroorsaak het. Sommige het selfs in geweld ontaard – die Belgiese ambassade in Kaïro het in vlamme uitgebars...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.