Liefste Margot

MISS LATE

Liefste Margot

MARITA VAN DER VYVER skryf 'n laaste liefdesbewys aan die radiolegende Margot Luyt, haar vriendin van 40 jaar wat Dinsdag oorlede is, en NIC DE JAGER skryf oor sy baken en rots.

HIER sit ek op 'n windverwaaide Kaapse aand stoksielalleen in 'n leë huis, in gedwonge isolasie vanweë 'n angswekkende pandemie, en ek probeer die nuus verwerk dat ek nooit weer jou stem gaan hoor nie. Die ironie is dat ek dringend Kaapstad toe moes vlieg omdat my pa Covid-19 gekry het en ek hom vir oulaas wou sien, maar nou lyk dit asof Pa gaan deurtrek, en jy is die een wat ek nie weer gaan sien nie.

Liewe Miss Late, soos jou geliefde Graham jou spottend genoem het, dié keer was jy nie laat nie. (Eintlik was jy te professioneel om ooit laat te wees, dit was maar net Graham se stuitige woordspeling met jou van.) Jy het vinnig vertrek – te vinnig – nadat jy positief getoets het vir Covid-19. 

Tog trek jy lankal swaar aan Parkinson se siekte, jou bekende radiostem het al hoe stiller geword, en sedert Graham amper twee jaar gelede oorlede is, was hierdie wêreld nie rêrig meer jou woning nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.