Sugan Naidoo | Die statistikus van Twitter

LAAT DIT TEL

Sugan Naidoo | Die statistikus van Twitter

ANNELIZE VISSER gesels met die jong wiskunde-onderwyser wat die afgelope 270 dae elke oggend die pandemie sigbaar maak en jou herinner om versigtig en veilig te wees.

ONLANGS skryf ’n vrou uit Limpopo aan Sugan Naidoo op Twitter. Ek het jou syfers gesien, sê sy, en toe ons kerk oorreed om sy deure toe te maak nog voordat die regering dit aangekondig het. Sonder die grafieke wat geen twyfel laat oor die felheid van die tweede golf Covid nie, het die gemeente hulle waarskynlik nie aan haar gesteur nie.

So iets maak hom gelukkig, sê die 33-jarige wiskunde-onderwyser van Durban wat sedert April verlede jaar Suid-Afrikaners via Twitter op die hoogte hou van die berge en dale van die pandemie.

Onlangs het die geel, ligblou, rooi en pers lyne feitlik loodreg gestyg toe die nuwe, meer aansteeklike variant verwoesting begin saai in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal. Nou klim die donkerblou en pienk lyne soos die virus opnuut na die Noord-Kaap en Vrystaat versprei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.