DIS so eenuur op ’n warm Saterdagmiddag in Kerkstraat, Pretoria, in die geskiedkundige herfs van 1994. Ek en Anton L’Amour swaai in by ’n parkeerplek reg voor The Navigator, die kroeg waar ons die vorige aand opgetree het.
Ons klim uit die kar met ons kloppende hangovers en ons oë op skrefies getrek teen die fel Noord-Transvaalse son, smagtend na ’n yskoue Black Label. Ons is daar om ons kitare, tromme en klanktoerusting te kom oplaai nadat ons die vorige nag, ná afloop van die gebruiklike jolighede, weereens te gekletter en te lui was om drade op te rol en luidsprekers te dra.
Oorkant die straat troon die modernistiese swart glas-en-beton-wolkekrabber van die SA Reserwebank hoog bo ons uit. Op die ganse blok langsaan hurk die bastion van hogere Afrikanerkultuur, die imposante Staatsteater-kompleks, waar ouens soos ons nie juis ’n kans sou staan om die geheiligde verhoogplanke te betree nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.