Liefling, gat kry asseblief ’n shrink

SAGGIES AFBRIEK

Liefling, gat kry asseblief ’n shrink

Covid is die volmaan van die depressiewes. Dis ’n bekskoot, skryf MIA ARDERNE, wie se debuutroman, Mermaid Fillet, in 2020 opspraak verwek het. Maar ten minste hoef ons nie te glimlag agter onse masker nie. Die kunswerke by dié storie is ook Mia s'n.

DIE verantwoordelike ding is om nie op te daag nie. As ons ooit ’n rede nodig gehad het, het ons nou eenvoudig nie een nodig nie. Ons is nou geregverdig. Social distancing? Dis mos ’n fokken droom vir my. Dit was die eerste keer dat ek nie vir my depressie verskoning hoef te vra nie. Geen leuens en verskonings nie. Ons hoef nie meer in vermomming te leef nie, ons hoef nie voor te gee nie, ons metaforiese masker is af omdat letterlik almal nou een dra, en almal sukkel so, ons pas net mooi reg in.

Depressie word tydens Covid genormaliseer. Niemand vra meer vrae nie, mense hou op om hulle dik te hou. Verwagtinge is netjies geknip. En ek kan gerus of ongerus asemhaal.

Maar dis ’n lokval. Vir die depressielyer is dit nog meer swaarkry, vir die mense wat nie uit die bed kan klim nie, wat hulle in die gesmokkelde dop verdrink. Vir dié wat dieper en dieper in geïsoleerdheid indruk en daarin kruip en krap om warmte te kry – al hoe gemakliker in die eensaamheid vergaan – want nou is dit korrek om vir die sonskyn weg te kruip. Die depressielyer word in Covid gerasionaliseer. Hou daai ding dop, liewe leser...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.