Verleidelike Kuba bly spook in SA se kop

OP 'N EILAND

Verleidelike Kuba bly spook in SA se kop

Een van die redes waarom sy die storie in haar 2019 roman, Grensgeval, laat oorspoel het na Kuba toe, is omdat sy dekades lank gefassineer was deur Kuba sonder dat sy ooit daar kon uitkom. Of dalk juis ómdat sy nie daar kon uitkom nie, skryf MARITA VAN DER VYVER. Sy beskryf 'n verleidelike dog troebel eiland wat vanweë die grensoorlog dekades later steeds aan Suid-Afrika geboei is.

IS die volgende stellings waar of vals?

Kuba is 'n aanloklike Karibiese eiland met 'n sensuele en hedonistiese atmosfeer wat toeriste betower.Kuba is 'n kommunistiese eenpartystaat waar enige vorm van politieke of sosiale protes genadeloos onderdruk word.Kuba se bevolking sukkel steeds om basiese lewensmiddels soos seep, tandepasta, melk en vele ander kosprodukte op leë winkelrakke te kry.Kuba het 'n uitstekende onderwysstelsel wat die afgelope halfeeu die persentasie volwasse geletterdes van skaars 40% tot 'n indrukwekkende 97% laat styg het.

Die verwarrende waarheid is dat nie een van hierdie vier stellings vals is nie. Sestig jaar nadat die Castro-broers en Che Guevara saam met hul kommunistiese kamerade die militêre diktatorskap van generaal Batista omvergegooi het, is Kuba 'n wonderlike, afskuwelike plek vol teenstrydighede, deurspek met ironie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.