KOSTER is ’n stofwolk-dorpie in die Noordwes-provinsie. En soos in die meeste klein dorpies oor Suid-Afrika heen vreet die verval en agteruitgang aan die nate. Die munisipale infrastruktuur het oor die jare uitmekaargeval – met onverwerkte rioolvullis in die strate en riviere, krane wat vir weke droog is, slaggate en vullis oral.
Dit kom vir jare aan.
In 2018 bereik die inwoners se keelvolheid breekpunt, en die gemor oor korrupsie in die munisipaliteit raak al hoe harder. Uiteindelik kook die woede oor (https://www.bbc.com/news/world-africa-44633331) toe die burgemeester, in die arm en gehawende dorpie, die pad na haar luukse gastehuis laat teer. Haar huis, asook ander besighede wat aan haar behoort, word deur inwoners afgebrand. Sy en 12 raadslede vlug Rustenburg toe...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.