Albinisme: Ek was ’n raaisel sonder ’n oplossing

IS JY WIT?

Albinisme: Ek was ’n raaisel sonder ’n oplossing

Haar lewe met albinisme is ’n lewe vol vrae, skryf TERRY-ANN ADAMS, skrywer van Those Who Live in Cages. Dit is ’n lewe van twyfel en angs. Maar dit is ook ’n lewe van nuwe ervarings.

MENSE vra my altyd hoe dit is om te lewe met albinisme; ek gaan hier probeer om die vraag te beantwoord. Sien, dis moeilik, want om te lewe met albinisme is om rond te loop met ’n kop vol vrae. Jy bevraagteken alles en vertrou niks.

Is dit ek of is dit my albinisme? Ek kan my albinisme en my gestremdheid opsom in daardie een vraag, want elke dag, met elke nuwe ervaring, elke hindernis of snedige opmerking, vra ek myself: Is dit ek of is dit my albinisme?

Een van my helderste herinneringe van kindwees is die eerste dag wat ’n kind my ’n “wit boer” genoem het. Wit boer as ’n belediging is ironies. Dit is ’n beklemtoning van my wit vel, maar ook die slinkse uittarting en herinnering dat al het ek ’n wit vel, is ek steeds nie ’n wit mens nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X