Glory Days van skank en pyp en volspoed-koejawel met die konings ...
VRYDAGAAND MET ’N BOTTEL INNIE HAND, BUITEKANT
Glory Days van skank en pyp en volspoed-koejawel met die konings van Kaapstad
The Genuines was dié goema-rock band van die 80's. VALIANT SWART verlang na Vrydagaande by The Base, na chip rolls en guava juice. En hy wonder wat van dié maestro's en hul erelid, Mister Mac, geword het.
DIS ’n Vrydagmiddag in Kaapstad, 1987. Ek en my tjommies Bokkie, Peerkies en Zoot drentel rond tussen die kleurvryke vlooimarkstalletjies van Greenmarket Square (niemand het dit ooit Groentemarkplein genoem nie, behalwe Afrikaanse nuuslesers en ’n paar ander puriste).
Die atmosfeer op die Square is lekker laid-back en die geur van wierook trek deur die ritselende plataanbome. Voor die Inn on the Square staan ’n Rastaman genaamd Arnold, die resident busker, met sy akoestiese kitaar en speel vir die soveelste maal sy weergawe van Paul Simon se “Mother and Child Reunion". Ons vertoef soos altyd die langste by die kraampie met die tweedehandse langspeelplate op soek na uitreikings van Bob Marley en Jimi Hendrix en Juluka en ander soortgelyke vondste. Ons het vroeër deurgery van Stellenbosch af vir vanaand se jol in The Base – Kaapstad se gewildste ethno-/reggae-klub.
Ons het gereeld op Woensdagmiddae ook uitgewyk stad toe wanneer The Base hul reggae night gehad het, met ’n DJ en een of twee van Kaapstad se voorste reggae bands, soos Sons of Selassie of die Roots Rockers, wat nogal ’n album uitgereik het: Reggae International. Ek onthou nog die refrein: “It’s-a reggae international / it’s-a reggae universical…" Die meeste van die songs het net twee akkoorde gehad, maar hey – wie wil nou dinge kompliseer as jy stoned is en net wil “skank" (die Rastawoord vir dans)?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelValiant Swart
Musikant en skrywerValiant Swart is ’n musikant en skrywer van Onrusrivier. Hy het reeds sewentien musiek-albums uitgereik, asook twee liriekbundels en ’n rubriekbundel. Tans werk hy aan memoires, en aan sy 18de album.