Grond: Die veelkoppige slange wat waak waar die bloed steeds drup

BAKLEI OF BETAAL

Grond: Die veelkoppige slange wat waak waar die bloed steeds drup

KARL KEMP het vir sy 2020-boek Promised Land deur Suid-Afrika gereis op soek na stories wat die land se woede rondom grond help verduidelik. Hier is een van dié stories.

VOORDAT ek nog die opnemer kon aansit, toe hy my by die hek ontvang, het Hannes Scheepers reeds vir my gesê daar is net twee wettige maniere waarop 'n mens grond kan bekom: deur bloed of handel. 

Die son was besig om te sak oor sy huis op die plato van die Tswenyane-berge – wat Afrikaners soos ek en Hannes Enzelsberg noem. Ek het nie gereageer op wat hy gesê het nie en dit het gelyk asof hy dink ek stem saam. Dis nie heeltemal of ek nie saamgestem het nie – ek wou net nie die gesprek so eendimensioneel hê nie.

Ek het agter hom aan die huis binnegestap. Daar is 'n aantal luukse chalets rondom die huis, klein hopies op die skokgroen gras, en agter die plato se rif lê die ruïnes van Kurreechane – 'n Tswana-nedersetting van 600 jaar gelede. Die grond behoort alles aan Hannes en sy familie, en word nou Ancient City Resort of the Great Kurreechane Ruins genoem...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.