Die gedenktuin ter nagedagtenis van die Cradock Vier is oorgroei en vervalle slegs twee jaar ná sy opening op Menseregtedag in 2019. Miljoene rande en onmeetbare hartseer later lyk dit asof apartheid daarin geslaag het om selfs swart mense te laat glo in die waardeloosheid van swart lewens, skryf ABIGAIL CALATA.
LUIDENS berigte het die toerismedepartement byna R29 miljoen se belastinggeld in dié projek gestort, wat nou vir 'n tweede keer herleef moet laat word. Die vraag is egter of herstelwerk dié keer gaan plaasvind.
Navrae is aan die departement en die dorp se Inxuba Yethemba-munisipaliteit gerig. Slegs die munisipaliteit het by monde van sy woordvoerder, Kuhle September, terugvoering gegee. “Die departement van toerisme het die gedenktuin amptelik aan die munisipaliteit oorhandig. Ons is verantwoordelik vir die sekerheidsdienste en onderhoud daarvan. Tot dusver is slegs vir die sekerheidsdienste begroot,” het hy gesê.
Die Fort Calata-stigting het in 'n onlangse verklaring gevra dat regeringslui “'n formele ooreenkoms met die families van die Cradock Vier sluit om die tuin te bestuur en te onderhou”. Die hoop is dat die families met steun vanuit die gemeenskap die werk doen terwyl die owerhede die geld beskikbaar stel. Volgens September is die dorpsraad in beginsel bereid om in dié opsig met die families saam te werk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
TASBARE SKAKELS MET VERLEDE
Doodgebore monumente móét leef
Die gedenktuin ter nagedagtenis van die Cradock Vier is oorgroei en vervalle slegs twee jaar ná sy opening op Menseregtedag in 2019. Miljoene rande en onmeetbare hartseer later lyk dit asof apartheid daarin geslaag het om selfs swart mense te laat glo in die waardeloosheid van swart lewens, skryf ABIGAIL CALATA.
Deel
LUIDENS berigte het die toerismedepartement byna R29 miljoen se belastinggeld in dié projek gestort, wat nou vir 'n tweede keer herleef moet laat word. Die vraag is egter of herstelwerk dié keer gaan plaasvind.
Navrae is aan die departement en die dorp se Inxuba Yethemba-munisipaliteit gerig. Slegs die munisipaliteit het by monde van sy woordvoerder, Kuhle September, terugvoering gegee. “Die departement van toerisme het die gedenktuin amptelik aan die munisipaliteit oorhandig. Ons is verantwoordelik vir die sekerheidsdienste en onderhoud daarvan. Tot dusver is slegs vir die sekerheidsdienste begroot,” het hy gesê.
Die Fort Calata-stigting het in 'n onlangse verklaring gevra dat regeringslui “'n formele ooreenkoms met die families van die Cradock Vier sluit om die tuin te bestuur en te onderhou”. Die hoop is dat die families met steun vanuit die gemeenskap die werk doen terwyl die owerhede die geld beskikbaar stel. Volgens September is die dorpsraad in beginsel bereid om in dié opsig met die families saam te werk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelAbigail Calata
JoernalisAbigail Calata is saam met haar man, Lukhanyo, outeur van My Father Died for This. Sy is 'n kommunikasiespesialis met 17 jaar ervaring in die bedryf.