IN my tweede jaar op universiteit (1985) het ek en my pel Martin ’n kamer gedeel in ’n studentehuis (slegs mans) met die classy naam Die Vleispaleis.
Vroeg een Woensdagaand stap ’n huismaat genaamd Deon by ons kamer in en sê: “Hey, daar’s ’n ou wat vanaand blues speel in die Midnight Grill. Sal ons gaan luister?”
Stellenbosch het in daai tyd nie soos later jare gewemel van die live gigs nie. Wanneer ’n mens wel ’n musikant iewers aangetref het, was die repertoire byna uitsluitlik gewy aan folk-erige treffers uit die 70's. Die gewildste items op die kuierplek-toneel was soetgoed soos “Streets Of London” en “American Pie”, en soms selfs die riskante “Take Off Your Clothes” van Peter Sarstedt, met aangeklamde koshuismanne – sulke verenigingslewe-tipes – wat begeesterd saamsing...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.