ANNELIZE VISSER gesels met Carla van der Spuy, die skrywer van ’n boek oor die bendes wat die Kaapse Vlakte uiteenskeur en die voormalige bendelede wat nou lewens en siele probeer red.
CARLA van der Spuy se nuutste boek, Gangster, is omstreeks halftien Woensdagoggend by my voordeur afgelewer. Met ’n besige dag voor was my plan om net vinnig na die eerste paar blaaie te kyk, maar toe ek die boek toemaak, was die oggend verby en was daar bepaald, soos Carla in die inleiding skryf, “bloedspatsels onder my skoene”.
Ek wou Max se onlangse essay (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-02-04-die-mensdom-is-toe-nie-inherent-boos-nie/) oor die mens se gawe vir deernis weer gaan lees. En ek wou taamlik dringend met die skrywer gesels – die glamorous 69-jarige skrywer en joernalis van Gauteng wat ure lank geduldig geluister het na soveel voormalige bendelede se stories oor die gruweldade wat hulle gepleeg het, en met die voordeel van die twyfel, ook na hulle verhale van vrymaking en ommekeer.
Gangster gaan oor luister eerder as oor skryf. Die stemme behoort aan pastore, gemeenskapswerkers en aktiviste, almal van die Kaapse Vlakte, en feitlik almal met die tatoes wat getuig van jare agter tralies en in die kloue van die “nommers” – die berugte tronkbendes wie se diepste geheime hulle steeds verswyg...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
MISDAAD
Gangsters en pastore van die Kaapse Vlakte
ANNELIZE VISSER gesels met Carla van der Spuy, die skrywer van ’n boek oor die bendes wat die Kaapse Vlakte uiteenskeur en die voormalige bendelede wat nou lewens en siele probeer red.
Deel
CARLA van der Spuy se nuutste boek, Gangster, is omstreeks halftien Woensdagoggend by my voordeur afgelewer. Met ’n besige dag voor was my plan om net vinnig na die eerste paar blaaie te kyk, maar toe ek die boek toemaak, was die oggend verby en was daar bepaald, soos Carla in die inleiding skryf, “bloedspatsels onder my skoene”.
Ek wou Max se onlangse essay (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-02-04-die-mensdom-is-toe-nie-inherent-boos-nie/) oor die mens se gawe vir deernis weer gaan lees. En ek wou taamlik dringend met die skrywer gesels – die glamorous 69-jarige skrywer en joernalis van Gauteng wat ure lank geduldig geluister het na soveel voormalige bendelede se stories oor die gruweldade wat hulle gepleeg het, en met die voordeel van die twyfel, ook na hulle verhale van vrymaking en ommekeer.
Gangster gaan oor luister eerder as oor skryf. Die stemme behoort aan pastore, gemeenskapswerkers en aktiviste, almal van die Kaapse Vlakte, en feitlik almal met die tatoes wat getuig van jare agter tralies en in die kloue van die “nommers” – die berugte tronkbendes wie se diepste geheime hulle steeds verswyg...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Só vind jy liefde aanlyn
Die hart van Huisraad
Goeie en slegte nuus oor jou (manlike) middeljarekrisis
Almal dra ’n jas wat by die tydsgees pas
Sugan Naidoo | Die statistikus van Twitter
Ja, daar ís ’n doktor in die Withuis
Die soengroet is dood, hoera
Deel
-
Deel
Annelize Visser
JoernalisAnnelize Visser is ’n skrywer en vertaler en was tot in 2021 lid van die Vrye Weekbladspan. Sy werk tans as storieverteller by ’n internasionale gesondheidsorgprojek. Sy woon in Darling, maar vermoed sy is nie regtig vir die platteland bestem nie.