Boesak: ‘Deur die vuur het ek gekom, deur die vloed het ek...

NIE ONAANGERAAK, MAAR BEHOUE

Boesak: ‘Deur die vuur het ek gekom, deur die vloed het ek gekom, maar ek is nog hier’

Die lewe behandel hom op 75 ‘baie, baie goed', sê die strugglevader dr. Allan Boesak aan HEINDRICH WYNGAARD. Maar die gevoelens weens sy ervarings ná 1994 brand en woed steeds binne-in hom.

Die aand van sy 75ste verjaardag, toe almal al in die bed was, het dr. Allan Boesak aan ’n liedjie van die ontslape gospelsangeres Albertina Walker gesit en dink. Nou deel hy dit met my oor die telefoon; en hy stem sonder teësin in toe ek hom vra om die liedjie te sing: “I’m still here / I’m still here / I’ve made it through / and so have you / I’ve come through the fire / I’ve come through the flood / But I’m still here / held by God’s love.”

Dis die sangstem van ’n vergange dae se NG Sendingkerk-dominee waarna ek luister, maar wanneer hy my vrae begin beantwoord, kon hy net sowel sy vurige jonger weergawe gewees het by historiese merkers soos die stigting van die UDF in 1983 en die talle teenapartheidsprotesoptogte waar hy die voortou geneem het.

Boesak! Boesak! Boesak! sou sy volgelinge hom toejuig, die Martin Luther King jr. van die plaaslike vryheidstryd. Boesak! Boesak! Boesak!..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.