DIE pandemie het ons uit ons gemaksone geruk, sê prof. Glenda Gray. “Dit het ons gekry om die tipe werk te doen wat ons gemaak is om te doen. Van my kamerade sê ons het ons hele lewe lank voorberei om dít te doen. Ons het voorberei met MIV, en hierdie is óns pandemie. Ons móés reageer.”
Covid-19 het inderdaad die landskap en ons manier van lewe vir altyd verander, meen Gray. “Daar is 'n onuitwisbare etsing in ons psige. As ek rondloop en ek sien almal met maskers in die straat; die afstand tussen mense, maak dit my ongelooflik hartseer. Die wêreld is so anders.
“Gedurende die pieke, die golwe – die menslike verwoesting en die politiek. Dan die werkverliese. Die sielkundige kwessies, die kinders wat nie by die skool is nie. Dít het die mensdom se hok geskud, op elke manier. Van ons sielkundige tot by ons fisieke en ekonomiese gesondheid. Die welstand van ons kinders. Dit het die wêreld 'n baie ernstiger plek gemaak as wat dit ooit tevore was...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.