×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
’n Hart is so groot soos ’n vuis – ’n opstopper in die midrif

KYK MY WOND

’n Hart is so groot soos ’n vuis – ’n opstopper in die midrif

Sy het dit gaan koop; die boek waaroor almal praat, skryf DEBORAH STAINMAIR. En dis 'n lieflike boek, broos soos 'n bloedblaas en sterk soos 'n boom.

SEKERE woorde hoort nie in dieselfde sin nie, soos “kind", “verslaafde", “drank", “woede", “geweld".

Soos “hart" en “vuis". Hulle is min of meer dieselfde grootte, en teenoorgesteldes: 'n Hart is sag en'n vuis hard. Dis 'n nommerpas titel, weerloos sowel as vernietigend, soos die boek. 'n Mens lees met ’n hart wat in jou keel klop, met vuiste gebal teen die aanslag van monsteragtige geweld. P.P. Fourie kry dit reg om sy kleintydtrauma deel van jou bloedstroom te maak.

Diere het horings en kloue en tande. Mense het vuiste, en huise is vol wapens soos handdoekrelings van staal. En waar daar wapens is, sal hulle ingespan word, en meestal teen sagte teikens...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.