Toksiese liefdesdriehoek fnuik kyker tot in laaste twee episodes

VRAATKYK PAR EXCELLENCE

Toksiese liefdesdriehoek fnuik kyker tot in laaste twee episodes

Behind Her Eyes is ’n regte Marmite-reeks: Jy gaan óf gaande wees daaroor óf jy gaan dadelik ná die laaste oomblikke van die laaste episode ’n vloek uitspreek oor almal wat by die vervaardiging van die reeks betrokke was. Agter wie se oë lê die tergende geheime uiteindelik opgesluit? JONATHAN AMID beantwoord doelbewus nié die vraag nie.

REG om nog ’n Netflix reeks te vraatkyk? Simpel vraag. Natuurlik is jy! Hoewel nie elke reeks wat op Netflix verskyn soveel volgehoue kykgenot oor die jare soos Narcos, Peaky Blinders, Ozark en Hannibal kon bied nie, is daar elke nou en dan ’n uitskieter soos 2020 se fenomenale Giri-Haji (oorspronklik eers op BBC uitgesaai) en vermaaklike spookasem soos The Stranger en White Lines, twee rillerreekse wat jou hoop gee vir Netflix se alleenstaande reekse. Die anderkant van die munt is onmenslik abjekte gruwels soos Ratched, wat ten spyte van beeldskone stilering en ’n skitterende Sarah Paulson eerder Wretched moes heet.

Forrest Gump se ma sou inderdaad nie kon verklaar dat die gemiddelde vraatkyk van ’n nuwe reeks op die Groot N soos ’n dosie sjokolade sou wees nie: Jy weet regtig net nie wat jy gaan kry en of jy daarvan gaan hou nie.

Van smaak gepraat: Behind Her Eyes is ’n regte Marmite-reeks. Jy gaan óf gaande wees daaroor – en die double whammy van die laaste twee episodes mooi sagkens verteer en aanvaar, selfs bewonder – óf jy gaan dadelik na die laaste oomblikke van die finale ’n groot glas wyn skink, dit afsluk, en ’n vloek uitspreek oor almal wat by die vervaardiging van die reeks betrokke was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.