Groot Schalk soek weer ’n ‘groundswell van die regte ouens’

‘ANDERSTER’ BY DIE AAI

Groot Schalk soek weer ’n ‘groundswell van die regte ouens’

Die lys ondertekenaars onderaan die Afrikaner-Afrika-Inisiatief (AAI) en die Thabo Mbeki Stigting se onlangse verklaring was voorspelbaar: Solidariteit, AfriForum, die Afrikanerbond, die FAK, Orania, en so aan. En heel onderaan is daar ’n onverwagse naam sonder ’n organisasie: Schalk Burger. MAX DU PREEZ het by dié oud-Springbokslot en Bolandse wynboer gaan kuier om te hoor wat hy daar maak.

HY is “anderster”, sê Burger. “Outonoom.” Ek dink hy bedoel hy’s ’n maverick, maar hy wil nie die woord gebruik nie.

Hy is beslis “anderster” as die ander wit Afrikanermans wat die AAI-beraad bygewoon het. En die enigste Kapenaar.

“Hulle het ’n alternatiewe ou gesien, maar iemand wat in dieselfde ding glo: Ons moet ons land êrens heen vat,” sê hy van sy nuutgevonde makkers. Dit is ’n tema waarna hy ’n paar keer tydens ons gesprek terugkeer: Iets moet nou gedoen word; eendersdenkendes moet saam begin opstaan; ons moet begin vrede maak, want die politici doen dit nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X