ARGIEF | Die droewige verhaal van Sandra Laing

ABSURD

ARGIEF | Die droewige verhaal van Sandra Laing

Die lewe van 'n tienjarige meisie is vir ewig geruïneer deur die rasseklassifikasie van apartheid, skryf ADRIAAN WASSENAAR 30 jaar gelede, in Vrye Weekblad van 12 April 1991. Sandra Laing is gebore as die ‘wit' kind van 'n gesiene Oos-Transvaalse egpaar, maar op laerskool het haar klasmaats se ouers begin kla oor haar ‘kroeserige' hare en ‘bruin' vel. Die owerheid het haar tot ‘kleurling' verklaar, die polisie het haar uit die skool kom haal – en daarmee het ’n leeftyd van rondswerf begin waarin sy van die een ‘kleurgroep' na die ander verplaas is – sonder om uiteindelik iewers in te pas.

  • 07 April 2021
  • Mense & Kultuur
  • 13 min om te lees
  • artikel 6 van 7
  • Adriaan Wassenaar

VIR Sandra Laing het die dood van apartheid 25 jaar te laat gekom, ’n hele leeftyd te laat. Te laat om weer tot die steeds bevoorregte wit gemeenskap toegelaat te word. Sy is vir ewig gedoem tot ’n smartlike lewe van armoede en verstotenheid.

Haar verhaal is seker die mees aangrypende tragedie in ons land se bose stelsel van rasseklassifikasie. Die apartheiderfenis waarmee sy tot haar sterfdag sal saamleef, is die skemerwêreld van die uitgeworpene – nie “blank” nie, nie “nie-blank” nie, selfs eintlik nie eens “kleurling” nie. Sandra Laing het as onskuldige kind in die wêreldfokus beland weens die wrede rasseklassifikasie wat nou geskrap word. As dogter van ’n gegoede Oos-Transvaalse wit egpaar is sy by geboorte in 1956 as “blank” geregistreer.

Tien jaar later is sy herklassifiseer tot “kleurling” en in 1967 is sy weer “blank” her-herklassifiseer .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.