Magda Wierzycka se biljoendollar-gap-jaar

TEEN-POOL VAN KORRUPSIE

Magda Wierzycka se biljoendollar-gap-jaar

Ná haar opspraakwekkende uittrede as bedryfshoof van die finansiëledienste-firma Sygnia gaan dié teenkorrupsie-aktivis vanjaar vir die eerste keer in die buiteland woon en werk, haar kruideniersware in ’n ander stad as Kaapstad koop, en “dalk ’n paar ander onbesonne goed doen waaraan ek nog nie gedink het nie”. Vir ANNELIZE VISSER klink dit kompleet soos ’n gap-jaar vir ’n biljoenêr.

“DIE enigste rede hoekom iemand in finansiële dienste werk, is sodat jy kan bekostig om kuns en ontwerpersklere te koop,” sê Magda Wierzycka uit die Maledive waar sy vir 14 dae water trap voordat sy onder Covid-maatreëls in die Verenigde Koninkryk toegelaat word.

Sy is nie heeltemal ernstig nie, en die stelling is terselfdertyd nie heeltemal onwaar nie.

Die ontwerpersname wat sy aframmel, klink soos die program by die modeweek in Parys of New York – Dolce & Gabbana, Oscar de la Renta, Chloé, Dior en Valentino. Sy het Prada afgesweer nadat dit haar begin verveel het, Stella McCartney toe dié vir die kleinhandel begin ontwerp het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X