DIE MOEDERSDAG-DOSSIER
Wysheid uit die mond van ’n ma
Daar is min dinge meer vertroostend as om te hoor dat jy nie die enigste of selfs die mees katastrofiese ma in die wêreld is nie, dat jou kinders nie vir die verderf bestem is nie, dat hulle selfs eendag weer met jou sal praat. En by wie hoor mens dit? By ander ma’s, natuurlik. Hier is ’n leeftyd van lesse deur ALETTA LINTVELT, JEANI JOHNSON, ANELDE GREEFF, ILZA ROGGEBAND, INGRID JONES en ADRI KOTZÉ.

Deel
Aletta Lintvelt | ’n Kompas om ons al twee veilig te bewaar
In ’n landdroskantoor het ek kort voor my 32ste verjaarsdag ’n ma geword. Ek het haar nege maande tevore op die sypaadjie voor my huis leer ken, ’n kind uit my woonbuurt wat ek soms met huiswerk gehelp het. Sy was agt.
Wat het my besiel? Ek wou nooit kinders hê nie. Sowat ses maande voor daardie dag in die hof, bevind ek my alleen in die badkamer. En daar in die middel van die dag, in die middel van my besige gedagtes, op die rand van die bad, het ek iets soos ’n stem gehoor. “Die kind gaan by jou kom bly, jy gaan haar grootmaak.” Die wete het swaar en waar diep in my kom lê. Net nie dit nie, het ek na bowe gekerm. En dadelik daarvan probeer vergeet...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel