Sailor Malan: miskende held met onreg altyd in sy visier

GESKIEDENIS WAT BEGRAWE IS

Sailor Malan: miskende held met onreg altyd in sy visier

Sailor Malan, bobaas-vegvlieënier, held van die Slag om Brittanje en kampvegter teen apartheid, is 'n bekende naam in Brittanje, maar in Suid-Afrika is hy grootliks 'n vergete figuur, skryf YVONNE MALAN.

DIE Suid-Afrikaans gebore Sailor Malan se naam pryk in feitlik elke boek oor die Britse lugmag en spesifiek oor Churchill se “The Few" wat die helde van die Slag om Brittanje (Battle of Britain) in die Tweede Wêreldoorlog was. Gegewe sy fisieke aantreklikheid en onverskrokkenheid as vlieënier is hy uitgeknip vir die rol as oorlogsheld, maar tog word hy dikwels misplaas as iemand wat afsydig en kil sou gewees het. In werklikheid was hy bloot saggeaard en teruggetrokke, hoewel hy geen geduld vir twakpraatjies en onreg gehad het nie.

Soos een koerantartikel ná die oorlog dit gestel het: “[Hy is] 'n ou wat 'n geraas en 'n ophef verpes, jaloers is op sy privaatheid, en nooit regtig ontdooi in 'n skare nie.(1)" Sailor het self erken hy is geweldig hardkoppig, maar dit was ook deel van 'n morele onwrikbaarheid wat 'n diepliggende kenmerk van sy lewe en siening van die wêreld was.

Om Sailor Malan te kan verstaan, moet ons insien dat hy in weerwil van sosiale verwagtinge die regte pad bo die maklike pad gekies het. As iemand na wie soveel lede van die “grootste generasie" opgekyk het as die verpersoonliking van heldhaftigheid, en wat later duisende Suid-Afrikaners in verset teen apartheid gelei het, was hy in die meeste kontekste 'n buitestander: Hy was die seun van 'n Afrikaner van Hugenote-afkoms en 'n ma wat in Brittanje gebore is, en wat as kind gesukkel het om die vyandigheid teenoor sy Engelse familielede te verstaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.