WhatsApp is nie ’n biblioteek nie, dis diefstal

HULLE NOEM HULLESELF CHRISTENE

WhatsApp is nie ’n biblioteek nie, dis diefstal

Mense wat e-boeke in sosialemediagroepe versprei, is soos bosluise in wintergras wat sit en wag dat nuwe boeke verskyn sodat hulle dit links en regs kan uitdeel aan mense wat nie daarvoor betaal nie. Hulle is geharde misdadigers, net so hardvogtig en genadeloos as een wat jou in 'n stegie met 'n mes teen jou nek dwing om jou beursie te oorhandig. En jy wat hieraan meedoen, besef jy dat jy die kos uit skrywers se mond steel, vra SOPHIA KAPP.

MY voorouers was eenvoudige mense. Min geld. Harde werkers. My ouma Bybie het niks weggegooi nie – voor sy 'n rok weggegee het, het sy eers die ritssluiter uitgehaal, die knope afgehaal en die skuinsband losgetorring, want 'n mens kan dit weer gebruik. My ouma Sophie, na wie ek vernoem is, het in die allerafgryslikste armoede grootgeword, met ’n enkelma wat die dorp se wasgoed met haar hande moes was en boeties wat op 13 moes gaan werk om die pot aan die kook te hou.

Niemand in my voorgeslagte het ooit enigiets van waarde besit nie. My oumagrootjie Cilliers se mense moes 'n bietjie meer geld gehad het, want sy het 'n mooi Shelley-teestel as mondigwordingsgeskenk gekry, en daar is foto’s van haar en haar broers wat beslis in 'n apteker se ateljee geneem is, met so 'n geverfte lap in die agtergrond en 'n aspedistra op 'n staander in die hoek. Maar dis die omvang van my familie se wêreldse rykdom. Daar was nie grond of goed of geld wat ek kon erf nie, en al wat ek van my eie ouers kon oorhou, was 'n string mooi pêrels en my pa se boeke.

Wat ek wel van hulle gekry het, nogal by die mense wat die minste gehad het, was die besef dat integriteit meer werd was as geld. My pa se pa, die tweede jongste van vyf kinders van 'n enkelma, kon nooit meer as 'n treindrywer word nie, maar by hom het ek geleer dat as jy ’n potlood by SAS&H kan steel, kan jy 'n kar by jou buurman of 'n trommel Krugerponde by die bank ook steel. Jy vat niks wat nie aan jou behoort nie, want steel is steel en dis dieselfde sonde. Van my ander oupa, die oudste van 'n enkelma, het ek geleer dat jy geken word nie aan hoe jy jou teenoor mense gedra wat status het nie, maar hoe jy optree teenoor mense wat in jou oë kyk vir hulle bestaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.