Afrikaner-genetika verras, maar bevestig ook óú vermoedens

GESKIEDENIS VAN BYVERMENGING

Afrikaner-genetika verras, maar bevestig ook óú vermoedens

Onlangse genetiese navorsing onthul ’n hele paar verrassende insigte oor Afrikaners se voorgeslagte, skryf JACO GREEFF en CARINA SCHLEBUSCH.

  • 28 Mei 2021
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 5 van 28
  • Jaco Greeff en Carina Schlebusch

DIE geskiedenis van die mensdom is een van migrasies en die uitruil van DNS tussen bevolkings oor die planeet heen.

Twee van die mees dramatiese van hierdie migrasies was slawerny en Europese kolonialisasie (https://www.britannica.com/topic/Western-colonialism). Die gevolglike byvermenging (“admixture”) tussen slawe, Europeërs en inheemse bevolkings het gelei tot die vorming van nuwe bevolkingsgroepe. Een van hulle, aan die suidpunt van Afrika, het mettertyd as die Afrikaners bekend geword.

Afrikaners stam hoofsaaklik af van Nederlandse, Franse en Duitse immigrante wat hulle in die tweede helfte van die 17de en die eerste helfte van 18de eeu aan die Kaap kom vestig het. Hoewel latere Europese immigrante ook in die bevolking geabsorbeer is, was hul genetiese bydrae relatief klein. ’n Ander klein maar betekenisvolle genetiese bydrae was dié van slawe en die inheemse Khoi-Khoi- en San-bevolkings. Laasgenoemde was onderskeidelik pastoraliste en jagter-versamelaars, en in hierdie artikel verwys ons na hulle gesamentlik as die Khoi-San...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.